LOGO

LOGO

Tuesday, 20 September 2011

Shimmer Baby

Good Tuesday Morning to all!

Wat kan ek se, ons is oor die maan! 15 September, Donderdag oggend om 7H00am het ons amptelik n nuwe familie lid by gekry. Marlize (die oudste) en haar man het nou 'n pragtige baba dogertjie, Kaylie Joubert. Ons is so trots en opgewonde!

Ons spot tog so lekker as ons se dat sy reeds al die Shimmer liedjies ken omdat sy so lekker in Marlie se maag geskop het toe sy nog swanger was terwyl ons gigs gedoen het! Lyk my of ons eendag 4 dames op die verhoog gaan wees, ne!

Dan moet ek ook se dat almal altyd skoon verbaas was toe hulle uitvind dat Marlize swanger was. Glo nie jy kon 'n kleiner magie op 9 maande kry nie.  ---------------------------------------------->

 
Mish bly nou op die oomblik by Marlize en Reghard vir twee weke net tot sy begin beter voel en herstel. Die hulp is mos baie nodig met die nuwe aanpassing. En glo my die slaaplose nagte is nie vir sissies nie! Darm kan Ouma en oupa oorvat as sy 'n breek wil he, *wink, wink*. Was met n seer hart wat ek daar weg is Sondag.

Nou ja, ons eerste optrede na Kaylie se geboorte is nou die 1st Oktober by Top CD. Marlie gaan dit natuurlik maar nog moet stadig vat maar ons almal is vreeslik angstig om ons nuwe CD meer met julle te deel
Baba Shimmertjie sal natuurlik ook daar wees om haar verskyning aan al ons vriende en ondersteuners te maak!

Dis al nuus vir nou.... Hoop julle almal het n lekker week en onthou om vir ons bietjie hello te se op facebook!!

Liefde en Baie Drukkies

SHIMMER
xoxoxoxox

No comments:

Post a Comment